Sondagaand 9 September 2018

Hierdie talentvolle musiekgroep, wat al ‘n ou en geliefde klomp mense vir Veranderde Lewens is, het ons op ‘n heerlike reis geneem oor die laaste 10 jaar van hul bestaan.

Bekende, beminde liedjies is gesing en dan ook nuwer musiek wat onlangs eers bygevoeg is. Die toeskouers is soms genooi om saam te sing en ander kere kon hul net luister en bedien word met musiek Na afloop van die lofprysingsgeleentheid, is almal genooi om in die teetuin te kom kuier en CD’s te koop. Baie dankie ONBESKAAMD!

Die vertoning was ‘n waardige, statige afsluiting vir ‘n besige, vol feesnaweek.

Leave your comment